Tipiese Skooldae
Ouers beskou dikwels spel as ‘n tydmors. Vandag weet ons dat spel die manier is waarop die brein sin maak uit die wêreld. Aktiewe spel ondersteun en fasiliteer breinontwikkeling. Daarom maak dit sin om ‘n kurrikulum te beplan vir leerders van die Grondslagfase (Gr 0 – 3), gebaseer op aktiewe deelname deur eksplorasie en ontdekking. Moet my kind nie leer nie?
Ouers is somtyds verward en bekommerd as formele lees-, skryf- en wiskundelesse nie op die voorgrond is nie. Onderwysers vergeet ook soms die belangrikheid van vryspel, vrye keuse en die wonder van verbeelding. Een van die aanhoudende strydpunte vir toegewyde onderwysers, is om ouers te laat besef dat kinders besig is om te leer en te ontwikkel tydens spel. Kinders in die konstruksiehoek leer oor ruimtelike verhoudings, getalkonsepte en samewerking. Konstruksiespel ontwikkel taal, wiskunde, probleemoplossing, beplanning en sosiale vaardighede. Tydens kunsaktiwiteite word die vaardighede ontwikkel om in simboliese taal te kommunikeer, terwyl kreatiwiteit, verbeelding en probleemoplossing groei. Die vermoë om waar te neem en om waarnemings uit te druk in kuns, help kinders om vertroue in hulle eie vermoëns te ontwikkel. Kinders ontwikkel ruimtelike beplanningsvaardighede, hulle leer oor grootte, kleure en vorms op ‘n wyse wat bydrea tot ’n positiewe selfbeeld. Kleinspierkoördinasie, wat essensieel vir lees en skryf is, word in ‘n nie-bedreigende omgewing aangeleer.
In die fantasiehoekie leer kinders oor die lewe. Hulle ontwikkel taal en wiskunde terwyl hulle hul verbeelding gebruik. Hulle ontwikkel ook hul eie spelreels wat ‘n voorloper is vir die reëls wat hulle sal gebruik in ‘n laerskool of ‘n sport se reels. Rolspel help kinders om volwassenes se rolle te verstaan en gee vir hulle insig in alledaagse situasies. Spel met opvoedkundige speelgoed en legkaarte help om visuele diskriminasie, visuele geheue en die deel-geheel verhouding te ontwikkel (wat belangrik is vir lees en skryf). Opvoedkundige speelgoed help ook om wiskunde- en taalkonsepte soos tel, vorms, kleure, verskille en ooreenkomste, te ontwikkel.
Boeklees en luister na musiek is aktiwiteite waar ‘n liefde vir lees en musiek aangekweek word. Wiskundevaardighede, ouditiewe geheue, ouditiewe diskriminasie en ‘n sin vir ritme ontwikkel wanneer kinders na musiek luister. Hierdie vaardighede is baie belangrik vir skoolgereedheid.
Beweging en leer is sinoniem met mekaar. Die Universiteit van Chicago het bevind dat koördinasie, ritme en balans, saam met sosiale vaardighede, die belangrikste aspekte vir skoolgereedheid is. Die modern kind neig om ‘n sittende lewensstyl te hê, wat motivering om te leer beïnvloed. ‘n Gesonde liggaam en gees kan nie geskei word nie. Die brein het liggaamsbeweging nodig om te kan groei!
Musiekaktiwiteite is soos towerpoeier vir breinontwikkeling! Balans, ritme, saamwerk in ‘n groep, ouditiewe geheue, ouditiewe voorgrond en agtergrondonderskeiding en ouditiewe sluiting, is aspekte wat ontwikkel word deur deel te neem aan musiekaktiwiteite.
Vryspel binne en buite is die belangrikste werk gedurende kinderjare. Deur spel konsolideer en versterk kinders alles wat hulle leer, hulle ontwikkel en versterk hulle liggame terwyl hulle leer oor hoe om te gee en te sorg vir ander. Hulle ontdek ook hulle eie sterk eienskappe, die mense om hulle en die reëls van die samelewing en natuur. Daar is geen substituut vir speel nie. Storie luister leer kinders oor taal, dit ontwikkel hulle verbeelding, die vermoë om vrae te vra, met karakters te simpatiseer en om hulle eie behoeftes en emosies te verstaan.
Die alternatief tot spel
In baie preprimêre programme is die klem op “akademiese leer” soos lees en skryf. In Jane Healy se boek “Endangered Minds: Why children don’t think and what we can do about it”, skryf sy dat die lees- en skryfstandaard in Amerika afgeneem het, ten sptyte van vroeë intervensieprogramme en verhoogde klem op akademiese programme vir jong kinders. Die tragiese ironie is dat kinders wat nie toegelaat word om te speel nie, demp ons hulle ontwikkeling van kreatiwiteit, probleemoplossingsvaardigheid, abstrakte denke en ‘n ryk taalomgewing.
“The proof of the pudding” – A real life example by Dr Elsie Calitz
Can we, here at the bottom end of education, do anything to change the mindset of formal teaching instead of playing? Yes, I definitely believe we can. Let me tell you of the incredible experience I had in Mamelodi as proof of my argument. From March to June 2005 I did training in Mamelodi for 16 weeks. Before I started the training I visited a number of centres to familiarise myself with the conditions in these centres. What did I find? Except for one or two centres, all of these little places were teaching their children to read and write (or tried to). I found centres where 30 children were squeezed into a small corrugated iron room in the hot February sun; in another place I saw a little 5 year old boy scratching in the sand with a nail that he must have picked up somewhere.
I started training these teachers. I did not say anything different from what I have been saying to each of the teachers who came for training. Sometimes I felt as if I was talking in a vacuum, but we, as a group, completed the training. In the beginning of October I went back to assess every teacher in her own centre, exactly the same procedure I usually followed. What an exhilarating experience! The empty faces and lethargic children changed into lively, creative, fantastic children. Playing, organising their own games, doing maths with stones in a bottle (a little boy’s face, lighting up like a shining star, telling me that 2 times 5 stones make 10 and 5 times 2 stones also make 10). A picture that will stay with me forever is that of a two-year-old scribbling on a piece of paper on which her teacher wrote her name while the teacher sounded the name. She scribbled, stopped and looked carefully at her name and then started to make small signs like letters. It is the first time ever that I have seen a two-year-old do that.
In another centre I found a programme and a teacher that could have been in an upper middle class school. She used boxes as building blocks (that was part of the course) and put it out as part of free play time. This was a classic, out-of-the-book free play; drawing, collage, block play, a sorting game, painting and clay. Her group ranged from 18 months to 6 years old. I had to keep reminding myself that these children were under-privileged children from a poor squatter area. A group of older children started building a house from the boxes and then proceeded to play. The teacher told how they made a Spaza shop the previous week. The children’s work was more than on standard; the 6-year-olds – based on my assessment that morning – were ready to go to school. This is the power of a teacher, the power of learning through play, the power of believing in children and expecting them to be absolutely out of the ordinary wonderful!
I always say to myself that I do not primarily sell knowledge and skills when I am training. I sell passion. Those teachers in Mamelodi who bought into my passion, changed the world for those children. I wish … Maybe I can find someone somewhere who will believe enough to start a primary school where these children can go to, where we will have only passionate extraordinary teachers to teach in an extraordinary way for these extraordinary children. Are you an extraordinary teacher?
Graad 1 tot 3
Deur die eerste paar weke van Graad Een word die kinders gelei deur spel en beweging om in die meer formele omgewing in te groei. Klem word gelê op groot- en kleinspierontwikkeling, wat help om ruimtelike vaardighede benodig vir wiskunde en wetenskap te ontwikkel. In Graad Twee word wiskunde meer konkreet geleer met blokkies en Lego. Woordeskat word uitgebrei met woord/speelkaarte. In Graad Drie is spel nog steeds belangrik, maar gefokus op voorbereiding vir die volgende fase.
Gedurende hierdie jare word daar ook spel met Lego gedoen, wat konsepte soos hefbome, ratte en hulle verhoudings, asook boubeginsels ontwikkel word.
Projekte word meer selfgedrewe en kompleks: Kinders kies hulle eie navorsingonderwerp binne ‘n gegewe hoofonderwerp, stel hipoteses, doen navorsing, en toets hulle hipoteses. Verslae word gegee skriftelik, mondelings, of as PowerPoint presentations.
Ons sien die waarde van hierdie leermetode daagliks. Byvoorbeeld, ‘n onlangse Graad Een student wat as onopvoedbaar beskou is in ‘n ander kleuterskool, met kommunikasieprobleme in impulsbeheerprobleme, het in Graad Twee soveel selfvertroue en vaardighede verkry dat hy alleen op die verhoog ‘n versie voorgedra het en sy projek verduidelik het.
Graad 4 tot 6
Kinders word hier blootgestel aan meer formele vakke: Wiskunde; Afrikaans; Engels; Natuurwetenskappe; asook Sosiale wetenskappe en Lewensorientering. ‘n Siklus word gevolg waar dieselfde onderwerpe wat bestudeer is die vorige jaar weer bestudeer word, maar tot ‘n dieper vlak van kennis, en meer gevorderd.
Die Regio-filofie is dat formele toetse en eksamens onnodige druk plaas op leerders. In stede daarvan, word deurlopende assessering gebruik om vordering te meet, en so toegepas dat dit as ‘n uitdaging deur die kinders beskou word. Projekte word meer gedetaileerd, en navorsing word al dieper gedoen. Projekonderwerpe word self gekies binne ‘n vakgebied. Byvoordbeeld het ‘n leerling Elvis gekies as ‘n onderwerp, en as deel van die projek, sy musiek en lirieke vergelyk met ander beroemde musikante, wat ‘n uitstekende voorbeeld is van hoe vergelykende navorsing en statistiek begin posvat.
In graad 6 begin leerlinge met Lego-robotika, en ons beplan om binnekort die klas te laat deelneem aand die Lego robotika kompetisies. Hulle leer programmering, rekenaarbeheerstelsels, en dinamiese meganika. Konsepte van hefbome, ratte, ens. word versterk.
Graad 7
Graad 7 is voorbereiding vir hoërskool, met meer formele opleiding. Les-materiaal word nog steeds geput uit kinders se belangstelling, bv. in Geskiedenis, ‘n projek oor Tjaka. Ons vind dat ons kinders almal goed presteer in hoërskool. Byvoordbeeld, ‘n kind wat as ‘n gemiddelde student by Regio beskou was, het vyf onderskeidings in matriek gekry.
Spesiale Programme
- Drama:
Dramaklasse word weekliks aangebied deur ‘n hoogs-gekwalifiseerde persoon wat al televisie-aanbiedings gemaak het, en is ingesluit in die klasgeld. Drama bied die emosionele vryheid aan kinders om hulself uit te druk, wat lei tot verbeterde selfvertroue en impulsbeheer. In die tweede kwartaal word “Regio het talent” gehou, soortgelyk aan “America’s got Talent” waaraan almal kan deelneem. Aan die einde van die jaar is daar ‘n skoolkonsert waaraan almal deelneem. - Sport:
Verskeie sport-aktiweite word aangebied, en is ingesluit in die klasgeld. Vir kinders jonger as Graad R, word fisiese spel gebruik om ruimtelike orientasie te ontwikkel. Van Graad R tot Sewe, het elke klas het twee sportperiodes per week. Regio se filosofie is dat kompetisie op laerskoolvlak nie kinders se selfbeeld bevorder nie, en dus word klem gelê op balans, balvaardighede, fiksheid, en basiese krieket- en sokkervaardighede. ‘n Jaarlikse Boeresportdag word ook gehou, en almal kan deelneem. - Kuns:
Kuns word weekliks aangebied, en is ingsluit in klasgeld. ‘n Gekwalifiseerd onderwyser bied dit aan in ons ateljee, en dit behels onder andere sketse, verf, klei, modelering, kollage, ens. - Lego:
Lego-spel word aangebied een maal ‘n week, in is ingesluit in klasgeld. Gedurende Graad Drie tot Vyf word dit gebruik om die beginsels van hefbome, ratte, konstruksie, ens. te verstaan. Hierdie is baie belangrik vir wiskundige vaardighede. In Graad Ses en Sewe word Lego-robotika aangebied deur ‘n baie bekwaamde Ingenieur, wat ook die vak by Waterkloof Hoërskool aanbied.
- Dans:
Dans word aangebied, en is nie ingesluit in die klasfooi nie.
- Uitstappies:
Kwartaalikse in/uitstappies word aangebied - Besigheidsvaardighede:
‘n Entrepreneursdag word een maal ‘n jaar gehou vir Graad Drie tot Sewe. Kinders word aangemoedig om hulle eie stalletjie op te stel, hulle eie besigheidsplan op testel, en om wins of verlies te bereken en verslag te gee daaroor. Elke klas het ‘n kwartaallikse snoepie-dag, waar kinders versnaperings bring en aan mekaar verkoop.
Maaltye
Gesonde maaltye word verskaf: Ons vleis kom van die plaas af, met daaglikse vars vrugte en groente. Voorskoolse studente kry elke dag ontbyt, met ‘n keuse van ontbytpap. Hulle kry ook ‘n broodjie met ‘n vars vrug later in die oggend. Hierdie is ingesluit by die skoolfooie. ‘n Opsionele middagete word elke dag vars voorberei uit oorspronklike bestanddele. Geprosesseerde bestandele of vooraf-bereide kos word nooit gebruik nie.