Reggio Emillia
GEMEENSKAPSONDERSTEUNING EN OUERBETROKKENHEID
Die Reggio Emilia tradisie van gemeenskapsondersteuning vir gesinne met jong kinders is ‘n uitbreiding van die Italiaanse kulturele siening van kinders as die gesamentlike verantwoordelikheid van ouers, die gemeenskap en die staat. In die Emilia-streek is die baba-, peuter- en preprimêre program ‘n belangrike deel van die gemeenskap, met aansienlike finansiële ondersteuning.
ONDERWYSERS AS LEERDERS
Onderwysers se langtermyn toewyding tot verhoogde begrip van kinders, is die kern van die Reggio Emilia benadering. Daar is weerstand teen die Amerikaanse gebruik van die term “model” om die Reggio Emilia benadering te beskryf, juis omdat die program ‘n deurlopende evolusie van idees en praktyke insluit.
DIE ROL VAN DIE OMGEWING
Die organisasie van die fisiese omgewing is van kardinale belang in die Reggio Emilia benadering. Die omgewing staan bekend as die kind se “derde onderwyser”.
LANGTERMYN PROJEKTE AS LEERMETODE
Die kurrikulum bevat baie eienskappe vanuit moderne navorsing oor jong kinders, insluitend werklike-wêreld probleemoplossing in die portuurgroep en verskeie geleenthede van kreatiewe denke en eksplorasie. Onderwysers werk dikwels saam met klein groepe kinders aan projekte, terwyl die res van die preprimêre klas deelneem aan ‘n verskeidenheid van keuse-aktiwiteite.
DIE HONDERD TALE VAN KINDERS
Terwyl kinders deelneem aan ‘n ondersoek, genereer en toets hulle hul eie hipoteses. Hulle word ook aangemoedig om hulle eie begrip uit te beeld deur gebruik te maak van simboliese tale soos beeldhou, dramatiese spel en skryf.
OMTRENT REGGIO – PREPRIMêRE ONDERWYS
Die Reggio Emilia skole is deur die tydskrif Newsweek in 1991 aangewys as die beste preprimêre skole in die wêreld. Hierdie benadering het die wêreldwye belangstelling geprikkel van opvoeders en navorsers. Selfs die Amerikaanse “National Association for the Education of Young Children” (NAEYC) se hersiende riglyne vir ontwikkelingsgeskikte praktyke, sluit voorbeelde uit die Reggio-benadering in. Vandag word die Reggio-benadering gebruik in die VSA, VK, New Zeeland, Australië en ander lande. Loris Malaguzzi (1920-1993) het die Reggio Emilia-benadering begin in ‘n stad in noordelike Italië genaamd Reggio Emilia. Hierdie benadering is ontwikkel vir munisipale kindersorg en opvoedingsprogramme vir kinders jonger as 6 jaar. Volgens hierdie benadering word kinders beskou as bekwaam, vindingryk, leergierig, verbeeldingryk en vernuftig, met ‘n drang vir interaksie en kommunikasie met ander. Die Reggio-visie van die kind as ‘n bekwame leerder het ‘n sterk kind-gerigte kurrikulummodel daargestel. Die kurrikulum het doelgerigte progressie, maar nie ‘n bepaalde omvang en opeenvolging nie. Onderwysers volg die belangstelling van die kinders en verskaf nie gefokusde lees- en skryfonderrig nie. Die Reggio-benadering stel dat kinders leer deur hulle interaksie met ander, insluitend ouers, personeel en die portuurgroep in ‘n positiewe leeromgewing. Sleuteleienskappe van die Reggio Emilia-program sluit in:
- DIE ROL VAN DIE OMGEWING-AS-ONDERWYSER
Onderwysers in Reggio Emilia skole beskou die skoolomgewing as ‘n baie belangrike leerinstrument. Daar word sorgvuldige aandag gegee aan ‘n klaskamer se voorkoms en atmosfeer. Die omgewing word dikwels die “derde onderwyser” genoem. Die estetiese voorkoms binne skole word gesien as ‘n belangrike bydrae tot respek vir die kind en sy leeromgewing. ‘n Klasatmosfeer van speelsheid en genot word gehandhaaf. Onderwysers organiseer omgewings vol moontlikhede en inspirasie wat kinders uitnooi om betrokke te raak in uitgebreide ontdekking en probleemoplossing. Dit word dikwels in klein groepe gedoen, waar samewerking en meningsverskille gemaklik en vriendelik is. Voorbeelde van kinders se werk, plante en versamelings word uitgestal op beide die kinders en volwassenes se oogvlakke. Dramatiese spelareas en werkstafels word in ‘n gedeelde spasie gebruik waar kinders van verskillende klasse kan saamwerk. Vir meer omgewingsfoto’s, kliek op hierdie skakel. - KINDERS SE VEELVULDIGE SIMBOLIESE TALE
Kinders gebruik die kunste as ‘n simboliese taal om hulle begrip van projekwerk uit te druk. Gepas tot Dr Howard Gardner se idee van onderrig vir veelvuldige intelligensies, vereis die Reggio-benadering integrasie van grafiese kunste as boublokke vir kognitiewe, linguistiese en sosiale ontwikkeling. Konsepte en hipoteses word in verskeie vorms aangebied soos gedrukte teks, kuns, konstruksies, drama, musiek, poppespel en skaduweespel. Hierdie vorms word as essensieel tot die begrip van die ervaring beskou.
- DOKUMENTASIE AS ASSESSERING EN VOORSPRAAK
(Uniek tot die Reggio-benadering) Kinders se projekwerk word dokumenteer en uitgestal. Dit is belangrik vir kinders om hulle gevoelens, idees en begrippe uit te druk, weer te besoek, en dit te herbou. Die dokumentasieproses is soortgelyk aan die portfolio-benadering en dit is ‘n betekenisvolle instrument in die leerproses vir kinders, onderwysers en ouers. Foto’s van kinders betrokke in die ervarings, hulle woorde waarmee hulle die proses beskryf en hulle interpretasie van die proses deur die visuele media word uitgestal as grafiese verteenwoordiging van die dinamiek van leer. Onderwysers is die “dokumenteerders” – hulle help kinders om hulle woorde aan te teken, en om dit te herbesoek. Deur hierdie metode word die leerproses sigbaar.
- LANGTERMYN PROJEKTE
Kinders se leer word ondersteun en verryk deur in-diepte korttermyn- en langtermyn projekwerk, met reaksies, opname, spel, ontdekking, hipotesestelling en –toetsing Projekte is kind-gesentreerd en volg die belangstellings van die kind. Kinders kan terugkeer na hulle projekte om nuwe insigte en ontdekkings by te voeg. Gedurende ‘n projek help onderwysers die kinders om besluite te maak oor die rigting van die studie, die maniere waarop navorsing gedoen kan word en die medium waarmee dit uitgebeeld kan word.
- DIE ONDERWYSER AS NAVORSER
In die Reggio-benadering, is die onderwyser se rol kompleks. Onderwysers werk saam as mede-onderwysers, met die belangrike rol om ‘n leerder te wees saam met die kind. Die onderwyser is ‘n onderwyser-navorser, hulpbron en gids wat kundigheid met die kind deel. Onderwysers luister, neem waar en dokumenteer kinders se werk en die gemeenskapsgroei in die klaskamer. Onderwyswers reflekteer oor hul eie onderrig en leer. Klaskameronderwysers werk in pare, hulle deel inligting en hulle tree op as mentors vir mekaar.
- HUIS-SKOOL VERHOUDINGS
Kinders, onderwysers, ouers en die gemeenskap is interaktief en werk saam deur te bou aan ‘n gemeenskap van ondersoek. Kommunikasie en interaksie verdiep kinders se ondersoek en teorie-uitbouing oor die wêreld om hulle. Programme is gesin-gesentreerd. Malaguzzi se visie van onderrig baseer op verhoudings, fokus op elke kind se verhoudings met ander kinders, familie, onderwysers, gemeenskap en die omgewing.
Personeel
Hoof / Principal : Lourentta Barnard
Indiensopleiding van personeel
Personeel word deurlopend opgelei en dan ook deurlopend aktief ondersteun.
Onderwyspersoneel:
● Charmain Bester
● Martinette Herbst
● Ilse Storm
● Joanie du Plessis
● Carina Swanepoel
● Anneque Smuts
● Estie Munro
● Elsa du Toit
● Elsa Rowlands
● Christa Weindemann
● Suane’ Barnard
● Mieke du Toit
● Megan Fairweather
Drama: Esther Bredenkamp en personeel van Black Door Studio.
Sport: Coach Fanie
Lego en Lego Robotika: Jaco van Wyk
Peuters 18 maande tot 3 jaar / Toddlers 18 months to 3 years Onderwyser:
Mandy Botes Assistent: Noni Mahlangu
Kleuters 3- tot 4-jaar / Pre schoolers 3 to 4 years Onderwyser: Nthabiseng Mohloboli
Graad RR leerders 4- tot 5-jaar / Grade RR learners 4 to 5 years Onderwyser: Lisa van Wyk
Graad R leerders 5- tot 6-jaar / Grade R learners 5 to 6 years Onderwyser: Liza Salmon
Skoolure
Skoolure
07:00 tot 17:30
Voorskools tot Graad R
7:30 – 14:00
Naskoolprogram
14:00 – 17:30