Regio Centurion Kleuterskool

Regio Centurion Onafhanklike Laerskool

  • Onderwysers

    Elke onderwyser is goed opgelei en neem deel aan deurlopende indiensopleiding

  • Leer deur Spel

    Ons glo daaraan dat kinders leer deur te speel. Hierdie spel word gestruktureer deur die omgewing wat deur Prof Lorus Malaguzzi, die derde onderwyser genoem word. Hierdie geloof van ons word gesteun deur die nuutste breinontwikkeling-navorsing en word daagliks bevestig

  • Bou van Stabiele, Liefdevolle Verhoudings

    Die heel belangrikste aspek in jong kinders se ontwikkeling is die bou van stabiele, liefdeveolle verhoudings wat deurlopend met die jong kind sal wees. Dit maak die verhouding tussen die volwassenes en jong kinders baie belangrik. Ons het ‘n stabiele kernpersoneel wat alreeds ‘n hele klompie jare by ons is.

  • Klein klasse

    Die jonger groepie onder 2⅟2 is maksimum 12 kinders met ‘n fantastiese onderwyser en ‘n assistant

  • Goeie Etes

    Regio het ‘n uitstekende, gesonde middagete. Ons kry ons vleis en hoenders van plase af en daar is daagliks vars vrugte en vars groente.

  • Kurikulum

    Vanaf die 4 tot 6jaar groepies word daar weekliks bewegingsontwikkeling en ook Drama aangebied. Dit word deur kundiges van buite aangebied en al die kinders moet deelneem. Die diens word bekostig uit die maandelikse fooi.

Wat ander sê van ons skool…

Ek het onlangs kaste reggepak en afgekom op lêers waarin elkeen van my kinders se herinneringe in geliaseer was. Een van hierdie briewe was gerig aan my oudste seun, Louis, wat nou alreeds 14 jaar in Amerika bly. Hy is ‘n begaafde elektroniese ingenieur, iemand wat nog steeds besig is om teen onreg en onregverdigheid in die samelewing te baklei. Hy het ook ‘n passie vir goeie onderwys en veral onderwys wat uit private inisiatief gegroei het. Die artikel waarna verwys word is André P Brink se artikel wat hy geskryf het vir sy seuntjie wat vir die eerste keer skool toe gegaan het. Ek het gedink dat hierdie brief wat ek aan hom geskryf het toe hy 20 jaar oud was en ek ‘n paar in die veertig dalk iets kan beteken vir ander ouers.

Toe ek die skets van André P Brink lees, het ek geweet dat elke ouer soortgelyke beelde in hom ronddra, maar dat min van ons dit so pragtig aan ons kinders kan sê. Nietemin wil ek party van die beelde en vergelykings wat ek het, met jou deel.

Wanneer ‘n mens twintig is, kyk ‘n mens vorentoe, ongeduldig om die toekoms te verander en te buig na jou ideale. Wanneer jy veertig verbygegaan het kyk ‘n mens meermale terug en wonder wat jy bereik het. Miskien, en heelwaarskynlik, kyk ‘n man anders na die lewe. As ek kyk na wat ek bereik het moet ek sekerlik onder my beste prestasies my kinders tel. Ek wonder of julle ooit besef hoe belangrik julle vir my is, hoeveel julle in my gedagtes en gebede is en hoeveel plesier julle vir my gee.

Jy is besig om jou vlerke te sprei, binnekort sal jy heeltemal onafhanklik wees. Dit is eers as jy jou eie gesin het dat jy weer ‘n herwaardering maak van die gesin waaruit jy gekom het. Ek sou so graag vir jou ‘n “gevleuelde woord” wou gee om saam te neem, maar synde net ‘n ma is nie een van my woorde gevleueld nie, net ma-woorde. Wat gee ek dan vir jou? “ ‘n Houtswaardjie en jou brood en melk …? Ouers is dikwels soos blinde mense in ‘n doolhof, sonder ‘n aanwysingsboek. Ons kry die mees kosbare pakkie om saam te dra deur die doolhof. Ouers het gewoonlik ‘n goeie idee waarnatoe hulle wil gaan, maar die pad en die aanwysings word maar stuk-stuk duidelik. In hierdie hele proses van “soek-en-vind” is dit nie net die kind wat opgevoed word nie, maar ook die ouer.

André Brink se beeld van Don Quichote met sy houtswaard het my diep geraak, want in sommige opsigte is dit jy. Tog sou ek jou nie anders wou hê nie. Dit is goed om die windmeulens van die gemeenskap met jou houtswaard storm te loop, dit is goed om om te gee. Miskien is dit die belangrikste ding wat ek jou kon saamgee op jou lewensreis, om om te gee.

“Goeie reis my klein ridder”.

Ma